KULTUUR
STOKERS GILDE
MAMPOER, WITBLITS & LIKEUR OP SY BESTE!
Deel in die kultuur van Mampoer, Witblits en Likeur
Die Mampoer Gilde beywer hom:
Om die tradisie van die stookkultuur vir die nageslag te bewaar,
Om die stook van kwaliteit drank in ‘n tradisionele ketel te bevorder en te bewaar, deur opleiding (stookkursusse en dies meer) en uitbreiding van kennis in hierdie verband,
Om gekoördineerde mening van sy lede oor alle aangeleenthede rakende die belange van die Mampoer & Witblits Kultuur Stokers Gilde aan die Regering en ander belanghebbendes voor te lê,
Om sy lede op hoogte te hou van sake wat hulle raak en te beywer vir die stelselmatige ontwikkeling van hierdie tradisionele kultuur.
Sluit aan by die Kultuur Stokers Gilde. Word lid! Stook self! Sluit Aan
Gewilde klasse by die jaarlikse Gilde byeenkoms

Mampoer
Mampoer word gestook van alle vrugte of produte behalwe druiwe.

Witblits
Witblits is die produk wat verkry word met die stook van enige druiwe tipe.

Likeur
Likeur kan van enige produk gemaak word solank dit n Mampoer of Witblits bases bevat.

Tradisionele Medisyne
Tradisionele Medisyne is enige produk wat gemaak word van natuurlike bestandele met Mampoer en Witblits as basis.

Likeur om te probeer
Lietsjie Likeur
Hierdie tropiese vruggie met sy delikate geur sorg vir n buitengewone smaaklike likeur.
Bestanddele:
- 500 g vars lietsjies
- 750 ml verouderde Mampoer
- 600 g (750ml) suiker
- 500 ml water
Houers:
- Steriliseer 1 lieter-bottel
- Bied 1,15 liete
Metode:
Verwyder die harde doppe en onpit die lietjies. Druk die lietjies effens fyn met n aartappeldrukker. Skep die lietjies in n wyenek-glashouer met n deksel. Gooi die verouderde mampoer / mampoer brandewyn by maak dig toe en laat trek vir 5 weke lank. Skud gereeld.
Syg die mengsel deur n fyn kaasdoek. Hou eenkant.
Meng die suiker en water in n swaarboomkastrol en roer tot die suiker opgelos het. Verhit tot kookpunt en kook 18 minute lank.
Haal die stroop van die stoof af en laat verkoel. Voeg die gegeurde mampoer brandewyn by die koue stroop.
Gooi die likeur in die droe, gesteriliseerde bottel, sit die prop op, verseel en etiketteer. Bere minstens 1 week voor jy dit voorsit en geniet!