Van der Hum Likeur

Van der Hum Likeur

Bestandele:

  • 5 kruienaeltjies
  • 1 stukkie heel kaneel
  • 0,6 ml gerasperde neutmuskaat
  • 30 ml fyn, gedroogde nartjieskil
  • 500 ml brandewyn
  • 250 ml suikerstroop
  • 45 ml rum

Lewer:

  • lewer 1.0l

Metode:

Voeg die speserye en skil by die brandewyn en laat dit n maand lank staan.
Syg dit dan deur n klam doek.
Kook die stroop soos beskryf vir pepermentlikeur.
Meng die brandewyn met die stroop en die rum.

TAGS: