Mampoer Kampioenskappe – 2 Junie 2016

Category: , ,

KULTUURSTOKERSGILDE  MAMPOERFEES 4 JUNIE 2016,

MET  MAMPOER-KAMPIOENSKAPPE OP DONDERDAG 2 JUNIE.

Inleiding:

Ons nooi alle kultuurstokers en Artikel 116 stokers in Suid Afrika om deel te neem aan die Nasionale Mampoerkampioenskappe te Willem Prinsloo Landboumuseum, Rayton Pretoria, vanaf 1 Junie tot 4 Junie 2016. Die doel van die mampoerfees is om die gehalte van die drank wat deur bogenoemde gestook word te verbeter.

Volgorde van gebeure:

Woensdag 1 Junie – Dranklokaal word voorberei vir beoordeling vanaf 10h00.

Donderdag 2 Junie – Beoordeling van drank vind plaas

Vrydag 3 Junie – Van 07h00 tot 10h00 word uitslae op die bottels aangebring.

  • Van 10h00 tot 13h00 word ‘n Kursus in “Basiese Stookbeginsels” deur die hoofbeoordeellaar Lofty Ellis aangebied
  • Die beoordelingslokaal is oop vir besigtiging vanaf 10h00 tot 16h00.
  • Die hoofbeoordeellaar Lofty Ellis sal vanaf 16h00 tot 18h00 beskikbaar wees in die proelokaal vir navrae en kommentaar.
  • Vanaf 18h00 vind die Jaarlikse Nasionale Mampoer Vergadering plaas.
  • Na afloop van die vergadering vind die stokersbraai plaas.

Saterdag 4 Junie – Nasionale Mampoerfees vind plaas vanaf 09h00.

  • Prysuitdeling vind plaas om 12h00.

Belangrike reëlings vir die kampioenskappe:

Alle drank moet voor Woensdag 10h00 by die Willem Prinsloo Landboumuseum afgelewer wees.

Vier Manieer om drank by die museum te kry

  1. Besorg drank by streeksverteenwoordiger vooraf, sien aangehegte lys
  2. Gebruik vooraf ‘n koerier(Gilde dra koste, reël met sekretaresse) om af te lewer by Mev Eunice Botha, sien aangehegte lys.
  3. Drank word deur uself of iemand anders soos deur jouself gereël by mev Eunice Botha se addres afgelewer, sien aangehegte lys vir besonderhede.
  4. Drank word deur uself voor 10h00 by Willem Prinsloo Museum afgelewer.

Om stemreg te geniet moet jaarlikse ledegeld voor die Jaarvergadering betaal wees.

Indien moontlik moet u inskrywingsvorm die admin persoon van die kampioenskap bereik voor Woensdag 1 Junie 2016 om 10h00 – Willie Meyer 0829275303 of willie.meyer2@standardbank.co.za of die Gilde se sekretaresse Lizette van den Berg 0827047422 of zettiesfontein@hotmail.co.za. Jaargelde beloop R100 per jaar maar indien meer as 24 bottels drank ingeskryf word, beloop die jaargelde slegs R50.

Jaargelde kan saam met die drank in ‘n geseëlde koevert ingesluit word.

Die kursus in “Basiese Stookbeginsels” word grootliks deur die Gilde gesubsideer. Lede betaal slegs R100 en nie- lede betaal R500.

Die jaarlikse braai is gratis vir lid en gade. Ander besoekers kan reel teen R80 per person. Alle drank moet deur almal self gebring word.

Reels vir ingeskrewe drank vir die kampioenskappe.

Slegs ‘n deursigtige (wit) 750ml bottle met skroefprop word vir elke inskrywing vereis.

In klas 28 word 375ml  en groter inmaakfles met skroefprop vereis.

Elke bottle moet met ‘n kaartjie en toutjie geidentifiseer word met die volgende inligting:

Naam van stoker

Klas van produk

Vrug wat gebruik is

Klasse 12 & 13 moet die basis genoem word waarvan die drank gestook is

Klasse 14 & 15 meld die ouderdom van produk.

Geen etiket mag vasgeplak word op die bottle of deksel nie, dus geen stoker mag tydens die beoordeling aan enige teken op die bottle geidentifiseer word nie. Amptelike etikette word tydens die beoordeling gebruik. Daar mag nie meer as 12 bottels per klas per stoker ingeskryf word nie.

Die gebruik van geurmiddels of sintetiese stowwe mag nie by die gestookte produkte in klasse 1 tot 13 gevoeg word nie.

Algemeen

Alle inskrywings word die eiendom van die Gilde en mag nie verwyder word nie.

Dubbel goud, goud, silwer en brons medaljes word toegeken aan drank wat aan die nodige vereiste voldoen.

Die Nasionale-mampoer kampioenskappe word deur die dagbestuur van die gilde in samewerking met die Willem Prinsloo Museum georganiseer.

KONTAKPERSONE VIR INLIGTING & DRANK AFLEWERING (Indien nodig)

NoordWes-omgewing:

Mnr. Boet Schoeman  :                                   Sel.  082 927 0012            schoemanati@absamail.co.za

Limpopo omgewing:

Mnr. Johan Botha                                            Sel 061 759 0344               carina_vermaak@hotmail.com

Mpumalanga Omgewing:

Mnr. Hennie Labuschagne  :                           Tel. 013 235 3992

Limpopo Omgewing:

Mnr. Pieter van den Berg                                Sel. 082 442 3410            pieter.vandenberg@sasol.com 

Vrystaat Omgewing:

Mnr. Alwyn Swart                                            Sel.  082 540 8474            alwyn@rwa.org.za

Pretoria en omgewing en koerieraflewering:

Mev. Eunice Botha                                           Sel. 082 052 3033             admin@mampoersa.co.za

Adresbesonderhede:                                         “     076 393 0988

(Malaborstraat Noord 43, Lynnwood Glen, 0081, Pretoria)

Kaap (Advies en Reëlings) :

Mnr. Lambert Badenhorst  :                            Tel. 028 212 2424             kwb@twk.co.za

Gauteng JHB Omgewing:

Mnr. Willie Meyer                                            Sel. 082 927 5303                willie.meyer2@standardbank.co.ca

Vaaldriehoek omgewing:

Mnr Arne Vogt                                                 Sel. 083 395 9838                  vogtarne@mweb.co.za 

Verblyf te Willem Prinsloo Landboumuseum vir die feesnaweek.

  • Bestuurs en tradisionele lede sowel as Art 116-lede wat drank inskryf en werk tydens die fees, word genooi om die naweek gratis oor te bly by die Willem Prinsloo-Landboumuseum, en geniet voorkeur by bespreking.
  • Volwasse kinders van lede R 75 en R35 per nag vir kinders onder 12. Vriende/familie van deelnemers wat wil oorbly ná die kursus is baie welkom teen R225 vir drie nagte, of R100 per nag vir minder as 3 nagte.
  • Die wooneenhede huisves 8 persone wat deel. Geen beddegoed, elektriese ketels, eet- en tee/koffiegerei is beskikbaar nie – bring asb. u eie saam.
  • Verblyf by die Landboumuseum is beperk en vroegtydige besprekings by mev. Botha is Dieselfde versoek word gerig t.o.v. etes by Lapakraal.
  • Etes kan by Lapakraal gereel word met Emmie Badenhorst 0834885303 of 016-9823495.
  • Eie verblyf kan ook elders gereël word, indien verkies.

 

KLASSE.    

KLAS 1 : APPEL  (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van appels.

KLAS 2 : APPELKOOS  (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van  appelkoos.

KLAS 3 : DRUIWE SONDER DOP  (WITBLITS) Onverouderd, sonder dop gestook.

KLAS 4 : DRUIWE MET DOP  (WITBLITS) Onverouderd, met dop gestook.

KLAS 5 : KERSIES  (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van kersies.

KLAS 6 : PEER  (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van pere.

KLAS 7 : PERSKE   (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van perskes

KLAS 8 : PRUIM  (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van pruime.

KLAS 9 : SITRUS  (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van enige sitrus vrugte.

KLAS 10 : VYE (MAMPOER) Onverouderde produk gestook van vye.

KLAS 11 : MAROELA  (MAMPOER)  Onverouderde produk gestook van maroelas.

KLAS 12 : OPE KLAS  (VERSNITTE DRANK) Onverouderd, gestook van gemengde of ander vrugte (dui vrugtipe aan).

KLAS 13 : ANDER GESTOOKTE PRODUKTE Alle ander produkte behalwe vrugte en druiwe(bv.

mielies).

KLAS 14 : VEROUDER :  < 3 JAAR (JONGER AS 3 JAAR) Verouderde drank, < (minder) as drie jaar.  Dui vrugtipe en ouderdom aan. Meestal met houtkontak.

KLAS 15 : VEROUDER : >3 JAAR (MEER AS 3 JAAR) Verouderde drank, > (meer) as drie jaar.   Dui vrugtipe en ouderdom aan. Meestal met houtkontak.

KLAS 16 : ANYSLIKEUR  Nie-room anyslikeur.

KLAS 17 : GEMMERLIKEUR Nie-room gemmerlikeur.

KLAS 18 : KOFFIELIKEUR   Nie-room koffielikeur.

KLAS 19 : PEPERMENTLIKEUR  Nie-room pepermentlikeur.

KLAS 20 : SITRUSLIKEUR Nie-room likeur met sitrusbasis.

KLAS 21 : AMANDELLIKEUR  Nie-room amandellikeur

KLAS 22 : KERSIELIKEUR  Nie-room kersielikeur.

KLAS 23 : LIKEUR STEENVRUG (NIE-ROOM)   Nie-room likeur van steenvrug (bv. perske, appelkoos, pruim, ens.) (Likeur van vrug met pit).

KLAS 24 : LIKEUR ANDER VRUG (NIE-ROOM)  Nie-room likeur van enige ander tipe vrug.

KLAS 25 : LIKEUR INNOVEREND (NIE-ROOM)  Nie-room likeur innoverend (heuning, vyeblaar, roosblaar,) (Likeur nie vrug, innoverend)

KLAS 26 : LIKEUR  SUURBASIS (SOURS) Nie-room likeur met hoë suur (sours).

KLAS 27 : ROOMLIKEUR Roomlikeur (enige tipe)

KLAS 28 : INGELEGDE PRODUKTE Ingelegde produkte met witblits of mampoer as suurbasis. (gee basis).

KLAS 29 : TRADISIONELE MEDISYNE Tradisionele medisyne (gee medisinale voordele).

Die stokers en hul kultuurdrank vorm die hart van die fees – kom neem deel asb.

Sien julle by die fees!

TAGS: