Kultuur Stokers Gulde Forums Mampoer Wat is die verskillende klasse?

This topic contains 0 replies, has 1 voice, and was last updated by  Gilde Admin 1 year, 8 months ago.

Viewing 1 post (of 1 total)
  • Author
    Posts
  • #2632

    Gilde Admin
    Keymaster

    Wat is die verskillende klasse?

    Mampoer Witblis & Likeur kan van verskeie soorte vrugte vervaardig word. Elkeen gee ’n eie onmiskenbare geur en smaak aan die eindproduk.
    Vir doeleindes van beoordeling word produkte in die volgende klasse op gedeel met beoordeling by die jaarlikse Kultuur Stokers Fees.

    KLAS 1 : APPEL
    Onverouderde produk gestook van appels.

    KLAS 2 : APPELKOOS
    Onverouderde produk gestook van appelkoos.

    KLAS 3 : DRUIWE SONDER DOP
    Onverouderde witblits sonder dop gestook.

    KLAS 4 : DRUIWE MET DOP
    Onverouderde witblits met dop gestook.

    KLAS 5 : KERSIES
    Onverouderde produk gestook van kersies.

    KLAS 6 :PEER
    Onverouderde produk gestook van pere.

    KLAS 7 : PERSKE
    Onverouderde produk gestook van perskes.

    KLAS 8 :PRUIM
    Onverouderde produk gestook van pruime.

    KLAS 9 : SITRUS
    Onverouderde produk gestook van enige sitrusvrugte.

    KLAS 10 : VYE
    Onverouderde produk gestook van vye.

    KLAS 11 : OPE KLAS
    Onverouderd, gestook van gemengde of ander vrugte (dui vrugtipe aan)

    KLAS 12 : VEROUDER : minder as 3 JAAR (JONGER AS 3 JAAR)
    Verouderde drank, minder as drie jaar. Dui vrugtipe en ouderdom aan.

    KLAS 13 : VEROUDERDE DRANK, meer as 3 JAAR (MEER AS 3 JAAR)
    Verouderde drank, meer as drie jaar. Dui vrugtipe en ouderdom aan.

    KLAS 14 : ANYSLIKEUR
    Nie-room anyslikeur.

    KLAS 15 : GEMMERLIKEUR
    Nie-room gemmerlikeur.

    KLAS 16 : KOFFIELiKEUR
    Nie-room koffielikeur.

    KLAS 17 : PEPERMENTLIKEUR
    Nie-room pepermentlikeur.

    KLAS 18 : SITRUSLIKEUR
    Nie-room likeur met sitrusbasis.

    KLAS 19 : AMANDELLIKEUR
    Nie-room amandellikeur.

    KLAS 20 : KERSIELIKEUR
    Nie-room kersielikeur.

    KLAS 21 : LIKEUR STEENVRUG (NIE-ROOM)
    Nie-room likeur van steenvrug (perske, appelkoos, pruim, ens.)

    KLAS 22 : LIKEUR ANDER VRUG (NIE-ROOM)
    Nie-room likeur van enige ander vrugtipes.

    KLAS 23 : LIKEUR INNOVEREND (NIE-ROOM)
    Nie-room likeur innoverend (heuning, vyeblaar, roosblaar, ens.)

    KLAS 24 :LIKEUR MET SUURBASIS (SOURS)
    Nie-room likeur met hoë suur inhoud (sours)

    KLAS 25 : ROOMLIKEUR
    Roomlikeur (enige tipe)

    KLAS 26 : INGELEGDE PRODUKTE
    Ingelegde produkte in witblits / mampoer (gee basis)

    KLAS 27 : TRADISIONELE MEDISYNE
    Tradisionele medisyne (gee medisinale voordele)

    • This topic was modified 1 year, 8 months ago by  Gilde Admin.
    • This topic was modified 1 year, 8 months ago by  Gilde Admin.
Viewing 1 post (of 1 total)

You must be logged in to reply to this topic.